Eerste dag van Groot Dinge

Goeie dag, my naam is Lana.

Kan julle die lewensmoegheid sien?

O, Vader, ek was moeg op hierdie dag, 5 jaar terug. Kyk maar na sulke foto’s van jouself (as jy sulke foto’s het, want eintlik kruip mens mos maar weg agter die kamera op die stadium). Ons lyk so VERSKRIKLIK MOEG!!

En Seer. Vir my was dit seer om te loop, elke oggend, moes ek net eers my gewrigte warm kry, al leef ek in Afrika en was ek hier net 30 jaar oud. Die eerste tien treë elke oggend was omtrent ‘n pyniging, ek het gereeld gespot en gesê ek is eintlik “The Little Mermaid”, net sonder die stem wat mooi kan sing.

Op die dag van hierdie foto, het hierdie vrou besluit om ‘n paar veranderinge in haar leefstyl te begin: 

#steely #waterbottle #yuppiechef
  • Ek het opgehou gaskoeldrank drink, en begin vrugte-water drink, my gunsteling is suurlemoen, maar komkommer, aarbei, kombucha is elkeen beter as die gif wat ek voor die tyd gedrink het.

Ek dra elke dag my water saam met my rond in ‘n bottel, en het al ‘n redelike versameling bottels bymekaar gemaak. (Ek probeer om nie plastiek te gebruik nie, my klein deeltjie vir die Aarde) Hierdie bottels is #Steely wat ek by #yuppiechef gekoop het, hulle is dubbel-wand, so ek gooi vanoggend my water in en het dan heerlike koue, vars water vir die res van die dag.

  • My dieet. Ek het nie opgehou eet nie, julle, ek was nie een dag honger nie, ek het nie een dag myself uitgehonger nie, ek het begin fokus op wat ek eet, wanneer ek eet, en hoeveel ek eet. Ek het myself leer ken.
  • Oefen. Nie myself dood geoefen en toe opgehou nie, ek oefen nou vir 5 jaar lank, as dit goed gaan 5 keer ‘n week, as die lewe bietjie druk gaan niks. Ek doen wat ek kan wanneer ek kan en ek het opreg lief geword vir oefen, en die gym is nou my happy place, want daar is nie ‘n kind, of ‘n man of ‘n muis wat my nodig het daar binne nie, dit is my eie, eie veilige plek.

Hierdie verandering was en is vandag nog harde werk, maar die uitkoms is so groot dat dit die moeite werd is.

Veranderinge.
Nampo, want ek kan ook nou rondloop

Ek het op hierdie pad ‘n paar mense gehad wat my gehelp het, mense wat vir my ‘n groot voorbeeld was, mense wat my bygestaan het, en vandag nog doen.

Ek sal graag my pad met jou wil deel, en indien jy sou belang stel sal ek jou graag wil help as jy ook so ‘n pad wil aandurf. 

Dit is wonderlik aan die ander kant.

7 thoughts on “Eerste dag

  1. Hallo. Ek is ook op daardie pad … stap nou so net meer as ‘n jaar saam! Soms klink ek soos ‘n Koos du Plessis liedjie “Elke afdraai paadjie ken ek, elke keer het ek gedwaal”. Sien uit om nog van jou “reis” te hoor.

    Liked by 1 person

  2. Hartlik geluk! Hartlik geluk met jou keuse om ‘n verandering te maak, hartlik geluk dat jy die eerste tree gegee het, en nog ‘n geluk dat jy ná vyf jaar steeds aanhou. Jy lyk fantasties!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.