As die kameelperde die wind opsluk

Eendag lank lank gelede in ‘n huisie in ‘n dorp het daar ‘n seuntjie gebly, die seuntjie was blond met blou ogies en ‘n blou truitjie.

Die seuntjie het ‘n mamma en ‘n pappa, ‘n ouma en twee tannies gehad wat by hom gebly het en vir hom vreeslik lief was, die seuntjie het alles gehad wat ‘n seuntjie se hart kon begeer, hy het geel trokke en rooi trokke, geel masjiene en groen masjiene gehad, hy het klein bote en groot bote gehad, treine en balle, swaaie en lere maar van al die speelgoed was sy trampoline sy gunsteling, want sien, op sy trampoline kon hy die hemel raak.

Op sy trampoline kon hy spring tot waar hy net duskant die hemel was. Hoekom vra julle?

Op sy trampoline kon hy hoog… hoog… hoog spring tot waar hy net onder die hemel kon wees, want daar in die hemel was altwee sy oupa’s en hy het nie eers een oupa hier op aarde gehad wat vir hom ‘n boek kon lees of ‘n bal kon skop nie.

Sy mamma en tannies en oumas en pappa het seker gemaak dat hy geweet het hoe lief sy oupa’s vir hom was, maar niemand kan mos regtig daai skoene volstaan nie, nie eers ‘n oupa-grootjie nie.

Eendag terwyl hy so spring sê hy vir Ouma:

Ouma, Ouma eendag as ek groot is, en die kameelperde kan die wind opsluk, gaan ek hoog genoeg spring om tot in die hemel te kom, en dan kan ek gaan kuier daar bo waar die gras altyd groen is, en die son altyd skyn.

blou oog seuntjie

So op ‘n Augustus dag, terwyl dit droog hier op die Aarde was. Terwyl die winter geel en droog in die vlaktes om hom gepryk het, het die seuntjie weer gespring en gespring EN GESPRING!

Eendag as ek groot genoeg is en die kameelperde sluk die wind op:

hy spring en hy spring en hy spring tot in die hemel…

Tot in die pragtige hemel, waar almal lag en gesels. Die groen gras sprei uit oor vlaktes terwyl dit jubel en juig in die wind, daar oorkant teen ‘n bult staan een enkele boom wat pryk teen die hemel, sy groen blare hang swaar tot op die grond, nadat dit ‘n boog maak amper teen die son. Aan die swaar takke hang die heerlikste ryp vrugte.

Om hom is daar genoeg, daar is genoeg liefde, genoeg kos, genoeg skoon lug, genoeg skoon water, genoeg in Oorvloed. En omdat daar genoeg is, is daar geen jaloesie, of nyd of enige een van die derglike dinge hier op Aarde nie.

Die seuntjie stap deur die groen gras wat sag en koel onder sy kaal voete meegee, hy stap onderdeur Wilgerbome wat lui hulle takke laat hang in die rustige waterstroom, hy stap verby siele wat gelukkig vir hom glimlag, hy stap verby asems wat nie meer op Aarde hoort nie.

En daar aan die oorkant sien hy die twee Asems waarna hy op soek is, hulle sit rustig onder ‘n boom, elk met ‘n rook dingetjie in die hand, want selfs in die hemel moet mens kan asemhaal.

I know the plan…

Hy stap stadig tot by hulle en val aan hulle voete op die grond neer en begin stories vertel, soos hy altyd gehoor het hulle kon doen. Hy vertel vir hulle van treine en bote, hy vertel van mamma en pappa, van oumas wat kuier en luister, hy vertel van skool en alles wat hy leer, hy vertel van hoe wonderlik die wêreld is, hy vertel van die groot boom wat elke jaar sy blare verloor, en dan huil Ouma, hy vertel van treine wat agter in die erf in seilskepe verander, hy vertel van haaie in die swembad, hy vertel van Mamma wat afluister en alles neerskryf, hy vertel van Ella wat al die stoele breek net om dit weer mooier te maak as wat dit was, hy vertel van Griet wat tower op plat masjiene en dan al die antwoorde vir ons kan gee. Hy vertel alles.

En toe die son begin sak, en die lug in ‘n glans van pers, blou en oranje begin skyn, en hy die laaste storie vertel; van hoe hy die trein bestuur saam met Cobus, blaas albei Asems glimlaggend hulle rook uit en glimlag, want hulle weet daar onder is alles okay.

Wees die beste wat jy kan wees…

Dit is nie altyd perfek nie, maar elkeen probeer sy bes. Hulle weet dat alles wat hulle agtergelaat het, gaan aan en hulle weet dat almal weet nog dat RESPEK en INTEGRITEIT die antwoord op meeste vrae is, hulle weet dat die lesse wat hulle so mildelik uitgedeel het word nogsteeds gevolg, en hulle weet hulle kan lekker verder rus, want daar is GENOEG ook op die AARDE.

vir ander digitale produkte te koop volg die link:

Vir jou eie geskrewe produkte met calligraphy, epos my gerus:

Of volg ons vir interessante stories en posts oor alles wat lekker is:

Baie liefde

Lana

Advertisements

Gratitude

Gratitude.

” In our daily lives we must realise that it is not happiness which brings gratitude, but Gratitude brings happiness.” Albert Clark.

Gratitude just like happiness is only a perspective of what is in YOUR mind at any given moment.

Today I read a quote saying that we can not expect people to tell us the truth as they are lying to themselves.

For me things like truth, happiness and gratitude are very important and it is a struggle every day to find these things, but still I do it every day, because the moment we start seeing only the negatives in our life, we can so easily fall into despair and depression, especially in this world that we live in today, where it seems that these virtues are more rare than gold or silver.

My wish for every one reading this is to find something that they truly love, and may your life be filled with truth, happiness and gratitude.

@Parker

Dankbaar

Ek het ‘n man geken, wat ‘n reguit pad gestap het. Ek praat in die verlede tyd want hierdie man het so ‘n groot rol in my lewe gespeel dat 5 jaar na sy afsterwe kan ek nog steeds nie oor hom iets skryf sonder dat my oë branderig raak en daar ‘n knop soos ‘n magneet in my keel gaan vassit nie. Ek kon hierdie man Pa noem.

Daarom gaan ek nie vertel hoe wonderlik hy was nie, almal wat hom geken het, het dit geweet, en die wat hom nie geken het nie, sal in elk geval net dink ek lieg.

Hierdie man het een groot swakpunt gehad, en dit is ‘n ding wat nou net so aan my oorgedra is. Soos dit die lewe betaam is dit nou my man se grootste ergernis, net soos dit altyd  Ma s’n was. Maar in retrospeksie as mens na al die ergernisse wat daar moontlik kan wees kyk, is hierdie een nie so erg nie.

Dit is ‘n Parker pen.

Daar is iets omtrent ‘n Parker pen, wat ander nie sal verstaan nie.

Die oomblik wat jy ‘n Parker pen vashou, die perfekte balans, hy maak nie jou hand moeg nie, jou ‘carpal-tunnel’ trek nie tot hier duskant jou ore nie, jy kan skryf, jy kan teken, die legio dinge wat jy met ‘n Parker pen kan doen is verstommend.

Hier bo is een van die kreatiewe oomblikke wat ek beleef het met ‘n Parker.

Behalwe vir die mooi daarvan is die kalmte en rustigheid wat jy beleef na die teken van so iets mooi soos hier-bo onvervangbaar.

Daarom wil ek tog maar vandag vir Pa baie dankie sê vir die kweek van kuns so mooi soos Parker en dit wat mens daarmee kan doen. Dankie dat Pa ‘n liefde in my gekweek het vir iets wat nie deel is van hierdie weggooi kultuur waarmee ons besig is nie.  Dankie dat ek ‘n liefde mag deel waaroor ek nie hoef skuldig te voel nie.

Ek hoop maar dat my man eendag ook verlief sal kan neem met hierdie ergernis soos Ma maar gedoen het.