Gratitude

Gratitude.

” In our daily lives we must realise that it is not happiness which brings gratitude, but Gratitude brings happiness.” Albert Clark.

Gratitude just like happiness is only a perspective of what is in YOUR mind at any given moment.

Today I read a quote saying that we can not expect people to tell us the truth as they are lying to themselves.

For me things like truth, happiness and gratitude are very important and it is a struggle every day to find these things, but still I do it every day, because the moment we start seeing only the negatives in our life, we can so easily fall into despair and depression, especially in this world that we live in today, where it seems that these virtues are more rare than gold or silver.

My wish for every one reading this is to find something that they truly love, and may your life be filled with truth, happiness and gratitude.

Griep/Varkgriep of Influenza A

Griep /Varkgriep en Influenza A en die hele alfabet.

Elkeen van ons het al griep gehad, die heerlike 2 dae in die bed, ‘n kuggie hier en daar en ‘n berg tissues langs jou bed wat groei en groei.

Ons het al gehoor van Varkgriep en Voëlgriep en Griep-Griep. In vandag se tyd is dit nie meer snaaks nie, jy bly twee dae by die huis en dan is jy weer fine. ‘n Lekker siek-brief.  Jou baas kan nie baklei nie, as jy gelukkig is vang jy dit net voor die naweek, en maak dan ‘n lang-naweek daarvan.

Maar hierdie jaar het ek en my huis die MOEDER van alle Griepe gehad, eintlik het ons dit nogsteeds. Jy voel die dood in jou nek asemhaal.  Jy voel waar elke haar uit jou lyf uitgroei, elke spier in jou lyf is seer.  Nie seer soos ek het gister lekker geoefen en vandag moet ek die disabled badkamer gebruik nie.  Seer soos Ser Gregor wat jou oë uit jou kop druk.  Die son maak seer, dis seer om te sit, dit is seer om te lê, dit is seer om te staan.  In die stort voel jy elke druppel wat deur jou lyf probeer slaan.

Die dokters sê ons moet dit nie meer Varkgriep noem nie, dit is Influenza A.  Vir die rekord, dit is ‘n varkerige griep maar ok.

Om wetenskaplik korrek te wees sal ek dan praat van Influenza A.

Julle kan gaan kyk, #emalahleniprivatehospital het ‘n post op Facebook daaroor. Lees die comments, ek sit nie aan nie. Dit is verskriklik.

In 1918 het hierdie selfde griep miljoene mense se lewens geëis, in 2009 weer, en elke keer erken die geleerdes eers na die tyd dat dit eintlik ‘n pandemie was, ‘n pandemie is waar daar BAIE mense siek is en doodgaan.

Of hierdie griep hierdie jaar weer ‘n pandemie is, kan ek nie sê nie, wat ek wel weet is dat ek en my huis is vrek siek. 

Ek stel voor as jy siek is gaan dokter toe, moet nie jou hart oor-eis nie, en bly weg van mense wat dalk siek kan wees. As jy siek is, BLY BY JOU HUIS!!!

Vir die wat siek is alle beterskap, vir die wat gesond is bly asseblief so.

Eerste dag

Eerste dag van Groot Dinge

Goeie dag, my naam is Lana.

Kan julle die lewensmoegheid sien?

O, Vader, ek was moeg op hierdie dag, 5 jaar terug. Kyk maar na sulke foto’s van jouself (as jy sulke foto’s het, want eintlik kruip mens mos maar weg agter die kamera op die stadium). Ons lyk so VERSKRIKLIK MOEG!!

En Seer. Vir my was dit seer om te loop, elke oggend, moes ek net eers my gewrigte warm kry, al leef ek in Afrika en was ek hier net 30 jaar oud. Die eerste tien treë elke oggend was omtrent ‘n pyniging, ek het gereeld gespot en gesê ek is eintlik “The Little Mermaid”, net sonder die stem wat mooi kan sing.

Op die dag van hierdie foto, het hierdie vrou besluit om ‘n paar veranderinge in haar leefstyl te begin: 

#steely #waterbottle #yuppiechef
  • Ek het opgehou gaskoeldrank drink, en begin vrugte-water drink, my gunsteling is suurlemoen, maar komkommer, aarbei, kombucha is elkeen beter as die gif wat ek voor die tyd gedrink het.

Ek dra elke dag my water saam met my rond in ‘n bottel, en het al ‘n redelike versameling bottels bymekaar gemaak. (Ek probeer om nie plastiek te gebruik nie, my klein deeltjie vir die Aarde) Hierdie bottels is #Steely wat ek by #yuppiechef gekoop het, hulle is dubbel-wand, so ek gooi vanoggend my water in en het dan heerlike koue, vars water vir die res van die dag.

  • My dieet. Ek het nie opgehou eet nie, julle, ek was nie een dag honger nie, ek het nie een dag myself uitgehonger nie, ek het begin fokus op wat ek eet, wanneer ek eet, en hoeveel ek eet. Ek het myself leer ken.
  • Oefen. Nie myself dood geoefen en toe opgehou nie, ek oefen nou vir 5 jaar lank, as dit goed gaan 5 keer ‘n week, as die lewe bietjie druk gaan niks. Ek doen wat ek kan wanneer ek kan en ek het opreg lief geword vir oefen, en die gym is nou my happy place, want daar is nie ‘n kind, of ‘n man of ‘n muis wat my nodig het daar binne nie, dit is my eie, eie veilige plek.

Hierdie verandering was en is vandag nog harde werk, maar die uitkoms is so groot dat dit die moeite werd is.

Veranderinge.
Nampo, want ek kan ook nou rondloop

Ek het op hierdie pad ‘n paar mense gehad wat my gehelp het, mense wat vir my ‘n groot voorbeeld was, mense wat my bygestaan het, en vandag nog doen.

Ek sal graag my pad met jou wil deel, en indien jy sou belang stel sal ek jou graag wil help as jy ook so ‘n pad wil aandurf. 

Dit is wonderlik aan die ander kant.

@Parker

Dankbaar

Ek het ‘n man geken, wat ‘n reguit pad gestap het. Ek praat in die verlede tyd want hierdie man het so ‘n groot rol in my lewe gespeel dat 5 jaar na sy afsterwe kan ek nog steeds nie oor hom iets skryf sonder dat my oë branderig raak en daar ‘n knop soos ‘n magneet in my keel gaan vassit nie. Ek kon hierdie man Pa noem.

Daarom gaan ek nie vertel hoe wonderlik hy was nie, almal wat hom geken het, het dit geweet, en die wat hom nie geken het nie, sal in elk geval net dink ek lieg.

Hierdie man het een groot swakpunt gehad, en dit is ‘n ding wat nou net so aan my oorgedra is. Soos dit die lewe betaam is dit nou my man se grootste ergernis, net soos dit altyd  Ma s’n was. Maar in retrospeksie as mens na al die ergernisse wat daar moontlik kan wees kyk, is hierdie een nie so erg nie.

Dit is ‘n Parker pen.

Daar is iets omtrent ‘n Parker pen, wat ander nie sal verstaan nie.

Die oomblik wat jy ‘n Parker pen vashou, die perfekte balans, hy maak nie jou hand moeg nie, jou ‘carpal-tunnel’ trek nie tot hier duskant jou ore nie, jy kan skryf, jy kan teken, die legio dinge wat jy met ‘n Parker pen kan doen is verstommend.

Hier bo is een van die kreatiewe oomblikke wat ek beleef het met ‘n Parker.

Behalwe vir die mooi daarvan is die kalmte en rustigheid wat jy beleef na die teken van so iets mooi soos hier-bo onvervangbaar.

Daarom wil ek tog maar vandag vir Pa baie dankie sê vir die kweek van kuns so mooi soos Parker en dit wat mens daarmee kan doen. Dankie dat Pa ‘n liefde in my gekweek het vir iets wat nie deel is van hierdie weggooi kultuur waarmee ons besig is nie.  Dankie dat ek ‘n liefde mag deel waaroor ek nie hoef skuldig te voel nie.

Ek hoop maar dat my man eendag ook verlief sal kan neem met hierdie ergernis soos Ma maar gedoen het.

 

 

 

Digital art: Flower of a Believer

Einstein said: ” “Imagination is more important than knowledge. For knowledge is limited, whereas imagination embraces the entire world, stimulating progress, giving birth to evolution.”

So now I am putting this out there, hopefully this image will make someone’s life a little better.